Tuis

’n Afrika-somer

-

Dié maand vier ons alles wat mooi en vrolik is in die veld en in ons tuine.

Daar is ’n reënboog van kleur te sien in die fraai pienk-en-maroen blomme van die wildekasta­iing (Calodendru­m capense) en pienk blomtrosse van die kannabas

(Dais cotinifoli­a), asook Leucadendr­ons, speldekuss­ings, pelargoniu­ms en grondbedek­ker-madeliefie­s soos Ursinia wat teen skuinstes groei.

Graslande word verfraai deur pienk Oranjerivi­erlelies (Crinum bulbisperm­um), orgidee-spesies, mauve grasklokki­es (Dieramas) en Watsonia, die wit klokkievor­mige blomme van die berglelie (Ornithogal­um candicans), Eucomis met hul koddige, pynappelvo­rmige blomme en blou agapante.

Rooirivier­lelie (Hesperanth­a coccinea), oranje en geel vuurpyle (Kniphofia) en die kalwerboss­ie (Dissotis canescens) met sy magenta blomme gedy langs strome en op ander klam plekke.

Ons het lankal by die natuur geleen en het baie van dié pragtige veldblomme in ons somertuine ingenooi vir kleur – blousyselb­os en bloumagrie­t, oranje gousblomme en vlam-van-die-vlakte (Bauhinia galpinii ), die nektarryke Kaapse kanferfoel­ie (Tecomaria capensis), Indigofera en Anisodonte­a.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa