Kerstradisies
Pleks van ’n gewone boom, kies ’n inheemse boom soos Henkel-se-geelhout (Podocarpus henkelii) met sy blinkgroen hangende loof, wit katjiepiering (Gardenia thunbergia) met sy stywe takke en blinkgroen blare, of die olienhout (Olea europaea subsp. africana) met sy silwergrys loof. Versier jou ekovriendelike boom met saadpeule, klein dennebolle en plaaslik gemaakte draad- en kraalversierings. Vir iets spesiaals kan jy die droë blomkoppe van die kandelaarboom (Brunsvigia) gebruik en dit versier met jou gunsteling-Kersdekor.