Tuis

Geskenk-idees vir groen vingers

-

Moenie vergeet van Kersgesken­ke vir die tuiniers in jou familie nie. Hier is ’n paar goeie keuses:

• ’n Inskrywing vir Tuis, plus ’n tuinboek of twee.

• Voëlbadden­s, -voerders en -tafels vir die voëlliefhe­bber.

• Bakkies blommende saailinge en ’n sak kompos.

• ’n Mandjie vol kruie vir die ywerige kok.

• ’n Betonbeeld vir die hoek van ’n bedding om die tuinslang te keer.

• ’n Tuindagboe­k of -kalender om seisoenale aanplantin­gs en blomtye aan te teken.

• ’n Vogmeter om die vogvlakke van die grond in potte en beddings na te gaan.

• ’n Reënmeter om reënval akkuraat te meet. • ’n Knielmat en handgereed­skap vir dié wat fluks onkruid uittrek.

• ’n Mooi deurmat en skraper vir modderige tuinskoene.

• ’n Tuintafel of -bankie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa