Tuis

Dié maand ...

-

• Kry blommende jaarplante in potte by jou plaaslike tuinsentru­m en gebruik dit om kaal kolle in houers en beddings te vul.

• Strooi ’n deklaag van basstukkie­s om struike sodat dit minder water vra, jy minder onkruid hoef uit te trek en die bogrond nie wegwaai nie. • Vrugte wat van die boom afval, moet vernietig of begrawe word, want dit kan vrugtevlie­glarwes huisves. Steun takke wat swaar dra.

• Moenie dat die wortelarea van asaleas en kamelias uitdroog nie, want hulle is nou besig om volgende jaar se knoppe te ontwikkel.

• Snoei krisante terug om bosvormige groei en meer blomme aan te moedig.

• Maak seker daar is altyd vars water in voëlbadden­s vir voëls, bye en skoenlappe­rs en dat jou troeteldie­re ook genoeg vars water het. >>

 ??  ?? Krisante
Krisante
 ??  ?? Kamelias
Kamelias
 ??  ?? Asaleas
Asaleas

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa