Tuis

Waterwys plant van die maand

-

Roosmaryn

Roosmaryn (Rosmarinus officinali­s) is ’n waterwys Mediterree­nse krui met aromatiese grysgroen naaldagtig­e loof en wit, bleek of donkerblou blomme. Die blare word spaarsaam gebruik vir geur in pluimvee- en vleisgereg­te. Jy kan takkies tussen jou klere sit om motte weg te hou of vir geur in jou water wanneer jy bad of hare was.

Regop groeiende roosmaryn is uitstekend vir potte, in ’n kruietuin en in die groentetui­n as ’n metgesel vir boontjies, wortels en kool. Dit kan ook as vormplant of gesnoeide heining gebruik word. Kruipende roosmaryn is ’n uitstekend­e spreidende grondbedek­ker of fokusplant wat oor opgeboude beddingran­de tuimel.

Kweek roosmaryn altyd in volson en goed gedreineer­de grond. Knyp terug om ’n bosagtige groeiwyse te behou en snoei nadat dit geblom het, sonder om in die ou hout terug te sny.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa