Tuis

Nuwe roos!

-

‘Nomzamo’ is ’n nuwe plaaslik gekweekte struik wat ’n nimmereind­igende drag van digte rosetvormi­ge blomme met ’n ligte geur lewer. Die kleur is ’n warm salmappelk­oos. Groepeer drie plante saam as ’n fokuspunt in die tuin, of plant dit as ’n heining om ’n muur op te vrolik of ’n deel van die tuin af te baken. Die roos is genoem na die TV-aktrise Nomzamo Mbatha, wat bewustheid vir die lot van vlugteling­e bevorder deur haar werk saam met die VN se Hoë Kommissari­s vir Vlugteling­e. Dis te koop by alle takke van Ludwig’s Roses.

 ??  ?? ‘Nomzamo’
‘Nomzamo’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa