Tuis

Ludwig se rooshoekie

Die rooskenner Ludwig Taschner gee raad ...

-

V: Ek het ’n boog tussen twee dele van my tuin ingesit en wil graag ’n rankroos daaroor lei. Watter variëteite stel jy voor?

Ek raai mense altyd aan om variëteite te kies wat oorvloedig en herhalend blom en, die belangriks­te van als, genoeg groeikrag het om die hoogte en breedte van die boog toe te groei. Midinette-rose of miniatuur-rankers is ideaal vir ’n boog van 2 m hoog en breed, of kies een van die groot blommende variëteite soos ‘Blossom Time’, ‘Edgar Degas’, ‘Royal Gold’ en ‘Don Juan’. Vir ’n hoër, breër boog kan jy ‘Compassion’, ‘Crème Caramel’, ‘Pink Cloud’, ‘Iceberg’, ‘Cherry Garland’, ‘Nahema’ en ‘Gülilah’ oorweeg.

V: Ek het ’n deklaag om my nuutgeplan­te ‘Free and Loyal’-rose gegooi, maar dit lyk of die stele gebrand het. Dis nie die resultaat wat ek verwag het nie. Wat het skeefgeloo­p?

As ’n deklaag van vars organiese materiaal te hoog teen die jong stele gepak word, raak dit warm en maak dit die weefsel onder die bas dood. Wanneer jy ’n deklaag strooi, maak seker jy gooi dit nie tot teen die stele nie. Dit kan ook wees dat die roos te diep geplant is. Maak seker die plant is ewe diep in die grond as wat dit in sy houer was.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa