Kris­mis­ro­se ...

Tuis - - LESERTUIN -

Met so­veel kris­mis­ro­se (Hy­dran­gea ma­crop­hyl­la) wat on­der die bo­me groei, het A­de­le el­ke jaar ’n oor­vloed blom­me in haar tuin. Sy gee raad oor hoe om dié strui­ke op hul mooi­ste te laat blom: • Plant kris­mis­ro­se on­der bo­me – hul­le aard goed in ge­fil­treer­de son­lig. • Dié plan­te het baie wa­ter no­dig, ver­al in die warm so­mer­maan­de. Dan kry die kris­mis­ro­se el­ke t­wee­de dag vroeg­og­gend wa­ter. En al is kris­mis­ro­se dor­mant in die win­ter, moet hul­le steeds wa­ter kry. In die koue maan­de gee ons drie keer ’n week wa­ter vóór die son op­kom. Die wa­ter was die ryp van die bla­re af en keer só dat die son dit brand. Ons gee glad nie in die mid­dae wa­ter nie, want dit raak snags heel­te­mal te koud. En as jy saans wa­ter gee, vreet die slak­ke die plan­te op. • So­dra die strui­ke drie jaar oud is, s­noei ons hul­le el­ke jaar laat in Ju­lie. As jy nie s­noei nie en net dooie blom­me af­sny, kry jy ’n struik met baie blom­me, maar die blom­kop­pe is klein. As jy al die tak­ke met snoei­tyd tot by die der­de o­gie af­sny, sal jy in die so­mer spog met blom­me so groot soos sop­bor­de! • S­trooi in Au­gus­tus ’n dik laag kom­pos om die plan­te en gee hul­le kos in Sep­tem­ber en laat No­vem­ber. Daar­na doen ek dit net as ek sien die blom­me be­gin hul kleur ver­loor. Ek gee Won­der se S­ha­ke ’n Grow Pink Hy­dran­gea en S­ha­ke ’n Grow Blue Hy­dran­gea on­der­skei­de­lik vir strui­ke met pienk en blou blom­me. Of s­trooi ’n hand vol land­bou­kalk om die pienk kris­mis­ro­se en suur kom­pos om die blou­es. • Ek pluk graag kris­mis­ro­se vir die huis. Doen dit vroeg­og­gend, nooit op die hit­te van die dag nie. Sit die blom­me in skoon ys­wa­ter en ver­vang die wa­ter el­ke t­wee­de dag om die blom­me lan­ger te laat hou. Sorg dat daar geen bla­re in die wa­ter is nie, want dit laat die wa­ter sleg ruik en die blom­me gou­er ver­lep.

In die so­mer sny ons ge­reeld dooie blom­kop­pe af om die struik aan te moe­dig om meer te blom. – A­de­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.