Tuis

Ander gunsteling­e

-

“Ek verkies plante wat vir jare hou, want tuinmaak is ’n duur storie. Baie van my gunsteling­e is plante wat met verloop van tyd net mooier word, of wat self vermeerder of waarvan jy steggies kan maak,” gesels Adele. • Baardiriss­e (Iris-spesies) blom vroeg in die lente. Hul blaarvorm en kombinasie van kleure is ongeloofli­k. • Laventel, veral Lavandula x intermedia var. ‘Margaret Roberts’. • Salies (Salvia-spp.), veral pers en blou salies. Hulle lyk baie mooi saam met rose. • Kamelias en asaleas vir blomme in die winter en vroeë lente. • Zantedesch­ia aethiopica ‘Green Goddess’. “Ek kweek dit in die skaduwee saam met my krismisros­e. Dié aronskelk lyk ook mooi in ’n pot en blom vir weke aaneen.” • Sterjasmyn (Trachelosp­ermum jasminoide­s) wat so lekker ruik in die klipbokse langs die trappe. • Bloureën (Wisteria sinensis) vir sy heerlike geur. • Haar gunsteling­boom is prag-van-Indië

(Lagerstroe­mia indica). “Dis mooi in al vier seisoene. In die somer het dit pragtige pienk of pers blomme en in die herfs verkleur die blare roesrooi. Wintertyd is die kaal stamme pragtig en ek is dol oor die nuwe blaartjies in die lente.”

 ??  ?? In die somermaand­e is die agapante vol in die blom.
In die somermaand­e is die agapante vol in die blom.
 ??  ?? Sterjasmyn in die klipbokse is oortrek van geurige blommetjie­s in die laatlente.
Sterjasmyn in die klipbokse is oortrek van geurige blommetjie­s in die laatlente.
 ??  ??
 ??  ?? Hier groei Zantedesch­ia aethiopica ‘Green Goddess’, een van Adele se gunsteling­e, langs ’n skaduryke paadjie.
Hier groei Zantedesch­ia aethiopica ‘Green Goddess’, een van Adele se gunsteling­e, langs ’n skaduryke paadjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa