Tuis

[ALGEMENE TUINWENKE]

-

• Loop gereeld deur jou tuin. Só sien jy watter plante kort aandag en waar gee jy te veel of te min water. Ek en Satiyere stap graag saam en kyk wat gedoen moet word. • Grondvoorb­ereiding is die belangriks­te deel van tuinmaak. As jy met jou grond moeite doen, sal jou plante jou met goeie groei en baie blomme beloon. In Augustus gee ons die hele tuin ’n dik laag kompos. • Ek los al die blare wat van die akkerbome afval in die beddings. Dit vorm ’n natuurlike deklaag en verrot met verloop van tyd. • Wees op die uitkyk vir peste en plae; hulle kan baie vinnig groot skade aanrig. Doen dadelik iets daaraan. Maak ook seker die plante wat jy by ’n kwekery koop, is gesond. • Gee plante minder kere per week water, maar vir langer tye op ’n keer. Jy wil hê die water moet tot by die wortels kom. Wanneer dit in die somer hier by ons reën, gee ek glad nie water nie. Ná ’n goeie reënbui sit ek die spuite vir tot vyf dae af. Ek voel ook met my hand of die grond klam is. Of koop ’n vogmeter wat vir jou wys of die grond droog is. Om onnodig water te gee, is net ’n vermorsing.

 ??  ?? Baie van die plante in die tuin is afkomstig van steggies en van plante wat Adele verdeel het. Die meeste inkalelies is almal só meer gemaak.
Baie van die plante in die tuin is afkomstig van steggies en van plante wat Adele verdeel het. Die meeste inkalelies is almal só meer gemaak.
 ??  ?? Behalwe tuinmaak, doen Adele ook graag beeldhouwe­rk. Die bronsbeeld van die vrou met biddende hande (links) en die vrou met die rose in haar hare (inlas) – ’n ode aan Frida Kahlo – is haar eie handewerk. Die manlike gesig (onder) is deur Daniel Nell. Adele het die sonwyser deur Malcolm Barnfield van Sundials laat maak vir haar man se 50ste verjaardag. VERSKAFFER Sundials 072 345 5300, sundials.co.za
Behalwe tuinmaak, doen Adele ook graag beeldhouwe­rk. Die bronsbeeld van die vrou met biddende hande (links) en die vrou met die rose in haar hare (inlas) – ’n ode aan Frida Kahlo – is haar eie handewerk. Die manlike gesig (onder) is deur Daniel Nell. Adele het die sonwyser deur Malcolm Barnfield van Sundials laat maak vir haar man se 50ste verjaardag. VERSKAFFER Sundials 072 345 5300, sundials.co.za
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa