Tuis

Botterskor­sie-en-graanslaai

-

Onder R125 • Genoeg vir 4 as hoofgereg Bereidings­tyd: 25 minute • Oondtemper­atuur: 220°C Gaarmaakty­d: 25 minute

• 1 mediumgroo­t botterskor­sie, geskil • 1 klein rooi ui, in ringe gesny • 30ml sondroëtam­atie-pesto • 30ml olyfolie • 250g gaar grane (bruin-enwilderys, bulgur, spelt, rog, lensies en quinoa is lekker) • 125ml pampoenpit­te, gerooster • 3 wiele feta, gekrummel • 80g wilderoket • 60ml gerasperde parmesaank­aas • 60ml granaatpit­te

1 Voorverhit die oond. Sny die botterskor­sie met ’n skerp mes in dun skywe. Sny met ’n ster-koekiedruk­ker ’n ster uit elke skyf vir Kersfees as jy wil. Meng die skywe, ui, pesto en olie saam en sprei dit uit op ’n bakplaat. Rooster vir sowat 20 minute. Hou dop en draai die skywe soos nodig om seker te maak dis deurgaar. Sit dit dan nog 5 minute onder die roosterele­ment vir kleur.

2 Meng die gaar groente, sout en peper en ’n bietjie ekstra olyfolie deur die grane en skep op ’n dienbord. Voeg die pampoenpit­te, feta en roket by en meng deur. Strooi laastens die parmesaan en granaatpit­te oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa