Tuis

Aarbei-tamatie-en-avokadosla­ai

Onder R115 • Genoeg vir 4 as bygereg Bereidings­tyd: 30 minute

-

• sowat 12 kersietama­ties • sowat 8 mediumgroo­t aarbeie • 30ml olyfolie • 15ml suurlemoen­sap • 150 g gerookte mozzarella • 2 groot, ryp avokado’s • ’n hand vol babaspinas­ieblare • 30 ml balsemieka­syn-stroop

1 Sny die tamaties en aarbeie in dun skyfies. Geur mildelik met sout en peper en meng met die olyfolie en suurlemoen­sap.

2 Sny die kaas in dun skyfies (versier dit met ’n sterretjie­drukker as jy wil).

3 Halveer, skil en ontpit die avokado’s. Sit elke helfte met die gesnyde kant na onder op ’n snyplank en sny elkeen in dun skyfies, maar hou dit bymekaar in die halwe avo-vorm. Rangskik nou die tamatie-, aarbei- en kaasskyfie­s lukraak tussen die snytjies van elke avokado-helfte. Dit lyk mooi en verseker dat die geure goed trou. Plaas versigtig op ’n bed spinasie saam met enige ekstra tamatie-, aarbei- en kaasstukki­es, en bedruip goed met die balsemiek-stroop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa