RIBOOG-OONDBRAAISTUK MET KRAKELING

Die ge­heim van ’n lek­ker stuk riboog wat uit die vark­blad ge­sny is, is om dit lank en sta­dig gaar te maak.

Tuis - - SA PORK PROMOSIE -

Ge­noeg vir ’n weer­mag as jy fyn sny • Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: so­wat 5 uur • Oond­tem­pe­ra­tuur: 220°C en 160°C

• 3kg ont­been­de ri­boog­oond­braai­stuk met vel aan, by ka­mer­tem­pe­ra­tuur • 15ml grow­we sout­vlok­kies • ’n knip­pie elk kol­jan­der, vin­kel, ko­myn en rooi­pe­per • 250ml gem­mer­bier • 30ml bal­se­miek­a­syn • 1 ui, in sky­we ge­sny VUL­SEL • 1 ci­a­bat­ta­rol­le­tjie, in klein blok­kies ge­sny • 1 tak­kie roos­ma­ryn, ge­stroop en fyn­ge­kap • 15ml o­lyf­o­lie • 500g vars vark­wor­sies met sa­lie ge­geur, vel­le­tjies af­ge­trek • 30ml bos­bes­sies

1 Voor­ver­hit die roos­ter­e­le­ment. Be­rei die vul­sel deur die brood­blok­kies, vars kruie en o­lie te meng en dit saam te roos­ter tot die brood­blok­kies bros is. Meng dit dan met die vark­wor­sie­vleis en bos­bes­sies. Draai die oond af na 220 °C.

2 Sit die stuk vark­vleis, vet­kant na on­der, op jou werk­blad neer en v­lek die v­leis ef­fens oop. Geur met sout en pe­per en ver­sprei dan die vul­sel in ’n e­we­re­di­ge laag oor die he­le op­per­vlak. Rol die v­leis ver­sig­tig oor die vul­sel tot­dat dit weer ’n mooi vorm het en plaas dit met die vet­kant na bo in ’n oond­bak.

3 Ge­bruik ’n vlym­skerp vlyt­mes­sie en sny die vel in ’n ruit­pa­troon of lyn­tjies (ons het ’n ster­vorm ge­sny). Druk droog met kom­buis­pa­pier en vryf die vel in met die sout en spe­se­rye. Bak die vleis­stuk vir so­wat 30 mi­nu­te teen die hoë tem­pe­ra­tuur om die krakeling aan die gang te kry.

4 Draai die tem­pe­ra­tuur af na 160 °C, voeg die gem­mer­bier, a­syn en uie by en be­dek die bak met ’n dub­bel­laag foe­lie. Roos­ter nou vir 4 tot 5 uur tot smelt-in-die-mond-sag en geu­rig. Wees ge­waar­sku, die bal­se­miek­a­syn gee die krakeling ’n don­ker­der voor­koms as dit daar­mee be­druip word.

5 Oor­deel of jou krakeling bros ge­noeg is; in­dien nie, span jou roos­ter­e­le­ment ver­sig­tig in. Skep die v­leis op ’n mooi dien­bord. Bros­ge­braai­de wor­tels, pa­tat en ap­pel­rin­ge rond die vark lief­lik af. Skep die vet uit die pan­sous en jy het ’n heer­li­ke vleis­sous om daar­mee saam te be­dien.

Wees ge­dul­dig met die gaar­maak­tyd – dis die wag werd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.