Tuis

Malvalekke­r-fudge

-

Ons maak dié maklike fudge sommer in die mikrogolf – met of sonder die malvalekke­rs bly dit enige suikertand se moses! As jy nie hou van mikrogolf-kookkuns nie, kan jy dit maklik in ’n kastrol op die stoof maak. Onthou net om aanhoudend te roer sodat dit nie brand nie.

Genoeg vir een 18 x 18cm-pan Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 12–14 minute

• 125g botter • 1 blik (385g) kondensmel­k • 60ml melk • 250ml Huletts Icing Sugar • 250ml Huletts SunSweet Brown Sugar • 5ml vanieljege­ursel • ’n knippie sout • ’n groot hand vol mini-malvalekke­rs

 ??  ?? 1 Smelt die botter, kondensmel­k, melk en die suikers saam in ’n mikrogolfb­estande bak met hoë kante deur dit vir 2 tot 3 minute saam op hoog te mikrogolf. (Die fudge borrel hoog tydens die kokery en as die bak te vlak is, sal dit oorkook.) Haal uit die oond en roer goed deur.2 Kook nou vir 2 minute op ’n slag, vyf tot ses keer ná mekaar – roer goed ná elke 2 minute. Die kleur sal stelselmat­ig donkerder word en die mengsel dikker. Die kleur sal jou ’n aanduiding gee dat die fudge reg is. Die sterkte van jou mikrogolfo­ond kan die kooktyd beïnvloed.3 Voeg nou die vanielje en sout by en klop driftig vir ’n paar minute met ’n houtlepel. Dié stap is belangrik, anders sal die fudge nie goed stol nie. Die kleur sal dowwer raak en dit sal van die bak se kante af wegtrek. Roer ’n derde van die malvalekke­rs by die fudge, gooi ’n derde van die malvalekke­rs onder in ’n vierkantig­e pan wat met bakpapier uitgevoer is en hou die laaste derde om bo-oor te strooi.
1 Smelt die botter, kondensmel­k, melk en die suikers saam in ’n mikrogolfb­estande bak met hoë kante deur dit vir 2 tot 3 minute saam op hoog te mikrogolf. (Die fudge borrel hoog tydens die kokery en as die bak te vlak is, sal dit oorkook.) Haal uit die oond en roer goed deur.2 Kook nou vir 2 minute op ’n slag, vyf tot ses keer ná mekaar – roer goed ná elke 2 minute. Die kleur sal stelselmat­ig donkerder word en die mengsel dikker. Die kleur sal jou ’n aanduiding gee dat die fudge reg is. Die sterkte van jou mikrogolfo­ond kan die kooktyd beïnvloed.3 Voeg nou die vanielje en sout by en klop driftig vir ’n paar minute met ’n houtlepel. Dié stap is belangrik, anders sal die fudge nie goed stol nie. Die kleur sal dowwer raak en dit sal van die bak se kante af wegtrek. Roer ’n derde van die malvalekke­rs by die fudge, gooi ’n derde van die malvalekke­rs onder in ’n vierkantig­e pan wat met bakpapier uitgevoer is en hou die laaste derde om bo-oor te strooi.
 ??  ?? 4 Giet nou die fudge in die voorbereid­e pan en maak die bokant gelyk. Strooi die laaste malvalekke­rs bo-oor en laat afkoel. Dit sorg dat van die malvalekke­rs smelt en dat daar heerlike variasie in die tekstuur is.
4 Giet nou die fudge in die voorbereid­e pan en maak die bokant gelyk. Strooi die laaste malvalekke­rs bo-oor en laat afkoel. Dit sorg dat van die malvalekke­rs smelt en dat daar heerlike variasie in die tekstuur is.
 ??  ?? 5 Sny die fudge met ’n skerp mes in blokkies. Hou in ’n lugdigte houer in die yskas – dis perfek vir ’n snoephappi­e of as geskenk vir iemand spesiaals.
5 Sny die fudge met ’n skerp mes in blokkies. Hou in ’n lugdigte houer in die yskas – dis perfek vir ’n snoephappi­e of as geskenk vir iemand spesiaals.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa