Tuis

MET LIEFDE

-

Die Van Loveren-wynplaas op Robertson het sy eerste perlé-styl-Pinot Grigio Rosé opgedra aan wyle Jean Retief, die matriarg wat welbekend was vir haar liefde vir tuinmaak en die geil lushof wat sy en haar man, Hennie, in 1939 op die landgoed aangelê het. Die ontwerp van die etiket van Perlé de Jean Pinot Grigio 2018 (R69,99, thewinehub.membernet.co.za) weerspieël dié passie pragtig!

Dié droë witwyn met ’n effense vonkel is pure somer en pas perfek by varktjops en geroosterd­e perskes, somerslaai­e, soesji, geroosterd­e groente en vars bessies.

– Johline Barnardt, Perlé de Jean se handelsmer­kbestuurde­r

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa