Tuis

Liefde en ’n vergrootgl­as

-

Stephanie Grobbelaar van Centurion skryf Nadat ek smoorverli­ef geraak het op die gehekelde kombers op bladsy 12 van die Julie 2017-uitgawe, het ek my ouma (Hester Els van Kirkwood in die OosKaap) gevra of sy iets soortgelyk­s vir my sal kan hekel. Sy kon, met ’n patroon – maar dié kon ons nêrens kry nie. Iemand het later die foto vir haar vergroot, maar nog steeds kon sy nie die patroon duidelik genoeg sien nie. Toe neem sy ’n vergrootgl­as en begin dit uitwerk. Daarna het Ouma, op die ouderdom van 87 jaar, aan die werk gespring – en ’n paar maande later was my lieflike kombers klaar. Dankie vir ’n wonderlike tydskrif!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa