Tuis

Groen inspirasie

-

Suzette Nortjé van Sasolburg skryf Ek het eendag toevallig deur Sharpevill­e gery en toe op dié tuin afgekom. Die township se inwoners het ’n groot vullis-probleem, want die munisipali­teit verwyder dit nie en daar’s rommel oral. Maar, verduideli­k hulle, hoe gemaak as jy nie ’n voertuig het om dit self weg te ry nie?

Tog, tussen dit alles, is dié klein oase. Skaars 5 m2 groot, maar pragtig! Die gras is groen, die plante gesond en die ywerige tuinier, Samuel Thokoa, het ’n fokuspunt geskep deur plante in ’n interessan­te ontwerp te kombineer. Ek is gelukkig om soms kraalmis te kry, en op ’n dag het ek ’n paar sakke by sy huis gaan aflaai. Ek het Samuel nie toe ontmoet nie, en het besluit om later vir hom waterwys plante te neem. Dié keer was hy tuis, en wat ’n voorreg was dit nie om hom te leer ken nie. Hy was aangenaam verras dat daar iemand is wat sy tuin bewonder, maar duidelik ook baie trots!

Ek glo dié tuin hoort in ’n tydskrif soos Tuis – dis immers vir ons gewone mense wat iets uit niks maak. Ek hoop sy tuin inspireer ook ander Sharpevill­ers om dieselfde te doen.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa