Tuis

SO GOED SOOS ’n vakansie!

Skep ’n vars, nuwe voorkoms met pastelkleu­r verf, tropiese plakpapier of mooi lap.

- Deur Johané Neilson en Suné Esterhuize­n Foto’s Francois Oberholste­r en Elza Cooper Stilering Amanda van Wyngaardt en Marian van Wyk

Kleurinspu­iting

Toe ons Bryony Webster en Johnny Scholtz se Melville-huis in die Junie 2018-uitgawe wys, was die kombuiskas­te naaswit. Nie lank daarna nie het Bryony ingespring en die lot opgedollie met pastelkleu­re – en kyk net hoe mooi lyk dit nou! Binne drie dae het die paartjie met net ’n paar lae verf die kombuis ’n splinternu­we voorkoms gegee. Bryony het ’n foto van ’n 1960’s-kombuis aanlyn gesien en dit as inspirasie gebruik.

“My gaste is óf mal oor die kassies óf hulle dink dis ’n bietjie te veel. Maar die meeste hou daarvan,” sê sy. “Ek’s ’n maksimalis en snuffel graag by tweedehand­swinkels, so ek maak altyd mooigoed bymekaar wat ek by my huis kan inspan.” Bryony het ’n digitale model van die vertrek gemaak om te beplan watter kleure sy waar sal gebruik voor hulle begin verf het – en die resultaat spreek vanself. Tafel en stoele gevind op olx.co.za; matte en bakke van furbelowsh­op.com (Bryony se aanlynwink­el); teestel van Poetry

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa