Tuis

Oop en toe

-

Oop rakke kan ’n nagmerrie wees om skoon te hou! Toe die binneversi­erder Tammy Holmes haar dogter Ivy (2) se speelkamer versier, het sy ’n eenheid van Lovely Bug Creations met laaie in elke tweede vakkie gekies – nie net skep dit ’n treffende patroon nie, dit maak oppaktyd ook ’n speletjie wanneer Ivy kan kies watter speelgoed in watter laai moet kom.

Vir die vloer het Tammy ’n vlekbestan­de Belgotex-mat met ondervloer­se verhitting vir koue winterdae laat installeer. Oor die plakkate teen die muur sê sy: “Ek hou van die idee dat Ivy omring is met kragtige, betekenisv­olle woorde wat sy sien en onbewustel­ik inneem wanneer sy in haar kamer is. Ek sal die aanhalings in die rame waarskynli­k verander namate sy ouer word sodat dit nie net ‘plakpapier’ teen die muur raak nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa