Tuis

Droommooi

-

Die opknappers Ashleigh en Brett Holmes van Port Elizabeth wou ’n romantiese oopplan-en suite ontwerp wat pragtig is, maar nie ’n fortuin kos nie. Pleks van duur, ekstralang of pasgemaakt­e gordyne het hulle ragfyn lap oor ’n gordynreli­ng naby die plafon gehang om dieselfde effek te skep. “Die lap versag regtig die vertrek,” sê Ashleigh. Pleks van handdoekre­lings het die paartjie besluit op ’n kapstok. “Ons het dié een by Colonial Antiques gekry teen net R600. Vir ’n bietjie groenighei­d het ons ’n macramé-planthange­r aan een van die hake gehang. Dis ’n oulike plan wanneer jy nie gate in jou plafon of muur wil boor nie.” VERSKAFFER­S EN KONTAKTE Amatuli 011 440 5065, amatuli.co.za Belgotex 033 897 7500, belgotex.co.za BBS Projects (Dominic Mitchell) 083 240 9699 Colonial Antiques 041 484 2617 Hertex 0860 437 839, hertex.co.za Ivy Décor and Design (Tammy Holmes) 083 650 4177, ivydecor.co.za Lovely Bug Creations 072 387 3707, lovelybugc­reations.com Poetry 021 671 5254, poetrystor­es.co.za Zara m/zara.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa