Tuis

Dié houthuisie was in sy vorige lewe ’n crèche met heldergroe­n buitemure,

-

die afwerking binne was ver van luuks en die voortuin was net ’n groot, uitgestrek­te grasperk. Maar toe die eiendom in 2013 in die mark kom, het Megan de Beyer die geleenthei­d aangegryp om dié piepklein huisie teen die berg in Scarboroug­h in ’n bekoorlike wegbreekpl­ek te omskep.

“Die huis het pragtige uitsigte van die Atlantiese Oseaan, asook die Kaappunt-natuurrese­rvaat,” sê Megan, ’n sielkundig­e en fasiliteer­der van werksessie­s vir ma’s met seuns. Sy kom gereeld na dié kothuis om gehaltetyd deur te bring met haar eie seuns, James en Jonathan Bailes – albei al volwassene­s wat op hul eie woon.

“Die eerste ding wat ons soggens doen, is om die deure wyd oop te gooi. Dan geniet ons ontbyt op die stoep, gevolg deur ’n lekker stappie teen die berg op; ons ry fiets tot by die natuurrese­rvaat hier naby of stap strand toe, wat net vyf minute weg is,” sê Megan. “Tussendeur werskaf ons in die tuin of ontspan met ’n boek. Dis verkwikken­d, veral omdat ons huis omring is met die natuur. Dis die perfekte plek om weer ons gesinsband­e op te tel en saam te wees.” >>

 ??  ?? ’n Gemaklike ou Cécile & Boyd-rusbank, Ngunimat, natuurlike teksture en spatsels blou en groen skep ’n ontspanne strandatmo­sfeer in die leefarea. Hanglampe en ottoman van Abode; mat van Woodheads
’n Gemaklike ou Cécile & Boyd-rusbank, Ngunimat, natuurlike teksture en spatsels blou en groen skep ’n ontspanne strandatmo­sfeer in die leefarea. Hanglampe en ottoman van Abode; mat van Woodheads

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa