Tuis

PRAKTIESE SEEHUIS-DEKOR]

-

Strepies hou van ’n neutrale kleurskema, vandaar die meestal wit en naaswit oppervlakk­e. Dit laat haar toe om die aksentkleu­re van tyd tot tyd af te wissel. “Op die oomblik is die aksente meestal heldergeel en verskillen­de skakerings van blou,” verduideli­k Carol, wat gehelp het met die inkleding.

Sy het ook verskillen­de teksture slim ingespan om karakter aan haar ma se huis te verleen. “Natuurlike materiale is tydloos en laat ’n mens goed voel om daarmee omring te wees.” Linne, hennep en katoen, rottang en seegras is óf laag op laag óf in geweefde vorm te sien deur die hele huis – van dekens op rottangsto­ele tot mandjies en los matte. Dit komplement­eer die ander aardse teksture van ou en nuwe hout, bakstene en leer. Vir kontras is reflektiew­e oppervlakk­e soos keramiek en glas bygevoeg.

Buiten die hoofslaapk­amer en die badkamers is al die vloere bedek met gelamineer­de hout. Dis duursaam genoeg vir sandvoete en baie maklik om skoon te hou.

Carol glo nie ’n mens hoef jou mooigoed weg te pak wanneer familie met jong kinders by jou huis langs die branders kom kuier nie. “Kies materiale wat jy in die wasmasjien kan gooi en oppervlakk­e wat nie maklik skrape opdoen nie. Koop gebruikswa­re wat almal saam kan geniet, sonder bekommerni­s,” is haar raad.

 ??  ?? ’n Ruwe ontblote baksteenmu­ur gee trefkrag in ’n gastekamer waar Joseph hom graag tuismaak. Blou kussing en deken van Mungo; handdoeke van Arabesque
’n Ruwe ontblote baksteenmu­ur gee trefkrag in ’n gastekamer waar Joseph hom graag tuismaak. Blou kussing en deken van Mungo; handdoeke van Arabesque

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa