Tuis

MAKLIK SOOS 1, 2, 3!

’n Houtbankie het groot nut as sitplek, kanttafel, uitstalple­k... Volg dié maklike stappe en maak sommer drie!

- Deon de Goede Shelly Bergh

Projeknota­s

• Onthou om gidsgate te boor. • Skuur jou planke vooraf.

1 Saag al die ente van die 44 x 360 mm-stutte skuins teen 45 grade (sien foto). Meet en merk die posisie van die pote 100 mm van elke ent van die 220 x 1 000 mm-sitplek af; merk ’n strook so breed soos die poot se dikte om aan te dui waar die skroewe deur die sitplek moet gaan en boor gidsgate. Lym en skroef die pote vas. 2 Meet en merk die posisie vir die stutte: 255 mm van die bokant van die sitplek teen die poot se rand af, en 255 mm van die kant van die sitplek teen sy voorste rand af. Hou die stut in posisie en merk waar jy ’n voeg in die poot en in die sitplek moet uitsny. Trek die uitsnylyne haaks met die winkelhaak en merk ook die dikte van die stut op die kant van die poot en die sitplek (sien inlas). 3 Saag al met die lyne langs tot by die dieptelyn en gebruik dan die beitel en hamer om die hout te verwyder sodat die stut gelyk met die rand in die sitplek en die poot kan pas. Boor gidsgate en lym en skroef die stut vas. Herhaal tot al vier stutte op hul plek is. Wenk Gebruik ’n houtklamp as jy alleen werk om jou taak te vergemakli­k en te verseker dat die pote haaks met die sitplek is.

4 Plaas ’n 95 x 1 000 mm-rand op die kant van die bankie en merk waar jy die gom aan die stutte moet smeer. Lym en skroef die rand aan die sitplek en stutte vas, gelyk met die bankie se bokant en ente. Merk die dikte van die sitplek op die ent van die randplank en trek ’n 45-gradelyn. Saag al langs die lyn om die rand af te rond. Herhaal by die ander ent en met die ander randplank.

5 Keer die bankie om, met sy pote na bo, en merk ’n V-profiel

(sien foto). Boor met die plaatboorp­unt ’n gat op die punt van die V en saag dan die res met die figuursaag uit. Vul al die skroefgate met houtvuller en laat dit goed droog word alvorens jy die bankie deeglik skuur. Herhaal die proses vir nog twee bankies.

Drie bankies kan saam in verskillen­de kombinasie­s gebruik word na gelang van jou behoeftes. – Deon Blaai om en versier jou bankies

 ?? Deur Deon de Goede en Shelly Bergh Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Shelly Bergh ?? Hoed, serp, skoene, glase, bord en bakkies van Woolworths; waatlemoen­bord van H&M Home
Deur Deon de Goede en Shelly Bergh Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Shelly Bergh Hoed, serp, skoene, glase, bord en bakkies van Woolworths; waatlemoen­bord van H&M Home
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa