Tuis

Moeg vir teëls

-

Jaco Barnard van Swellendam skryf My bouer is oortuig jy het geen ander keuse as teëls om die mure en vloer in ’n badkamer mee te beklee nie. Watter ander opsies het ek? Brendon Fisher, tegniese konsultant

by Coprox, antwoord Sementlae is ’n gewilde afwerking vir badkamermu­re en -vloere as jy nie teëls wil hê nie. Met Coprox Masonry Waterproof­ing en Coprox Waterproof Dualcoat is pleister, verf en teëls glad nie nodig nie – dit bied ’n besonderse, rustieke afwerking wat mooi verouder.

Die substraat word in een aanwending afgewerk en waterdig gemaak, en albei produkte is beskikbaar in 20 aantreklik­e kleure. Jy kan dit later verfris met gewone verf of ’n nuwe laag Coprox.

Terwyl Coprox Masonry Waterproof­ing met ’n kwas aangewend word, kan jy Coprox Waterproof Dualcoat óf met ’n kwas aanwend vir ’n elegante, tekstuurry­ke afwerking, óf met ’n troffel vir ’n gladde afvlaklaag – albei is geskik vir mure en vloere en dit kan oor kleiteëls aangewend word. Kyk gerus na die omvattende aanwysings, asook instruksie-video’s, op Coprox se webblad.

KONTAK coprox.com

 ??  ?? Die Tuis-redaksie probeer alle vrae beantwoord, maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie. Tuis behou die reg om vrae te redigeer vir publikasie.
Die Tuis-redaksie probeer alle vrae beantwoord, maar kan nie op elkeen persoonlik reageer nie. Tuis behou die reg om vrae te redigeer vir publikasie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa