Tuis

Oortjies

-

Oortjies is ’n geharde, matvormend­e grondbedek­ker met ’n plat groeiwyse. Dit het pragtige ronde blaartjies en spog van September tot Desember met groot ligpienk tot wit trompetvor­mige blomme. Dié inheemse grondbedek­ker groei in die son sowel as gedeelteli­ke skaduwee, en hoewel dit in taamlike nat dele goed sal groei, is dit ook gelukkig met minder water sodra dit goed gevestig is.

Oortjies is ’n goeie opsie tussen plaveiblok­ke en lyk mooi al met die rand van ’n bedding langs. Dit sal ’n oop stuk grond vinnig toegroei en kan as ’n alternatie­f vir gras gebruik word waar daar nie veel voetverkee­r is nie. Of plant dié vinnige groeier in ’n pot – dit lyk pragtig as die blomme oor die rand van die pot hang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa