Tuis

Gouevygie

-

(Lampranthu­s aureus) Helia

’n Vroliker grondbedek­ker as dié vygie sal jy moeilik kry! Met sy helderkleu­rige oranje of geel blomme sal dit enige waterwys tuin ophelder. Dis ’n vinnige groeier en sal gou ’n kaal stuk grond bedek. Die plant kom natuurlik voor in die Wes-Kaap, al met die Suidwes- en Weskus langs. Dit groei veral goed in winterreën­gebiede met warm, droë somers.

Danksy sy vetplantag­tige blare kan dit in droë tye met baie min water oorleef. Gouevygie aard goed in sanderige tot leemgrond en het baie son nodig. Die blommetjie­s maak oop wanneer die son skyn en dit blom op sy mooiste in Augustus en September.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa