Tuis

Lepelblaar­plakkie

-

(Crassula spathulata) Wouter en Neville

Dié immergroen, vetplantag­tige grondbedek­ker is uiters gehard, groei vinnig en is maklik om te kweek. Met sy amper lemmetjieg­roen ronde blaartjies en fyn pienk-en-wit blommetjie­s maak dit ’n pragtige vertoning in die skaduwee. Dit blom in die lente en somer en word in blomtyd gereeld deur ewe klein bestuiwers besoek. Die plakkie lyk mooi as ’n massa-aanplantin­g onder bome, al met ’n beddingran­d langs of in potte en hangmandji­es waar dit oor die rand kan tuimel.

Crassula spathulata is ook nuttig om teen hellings te plant om die grond te stabilisee­r. Dit aard in feitlik enige tipe grond, solank die dreinering goed is. Hoewel dit ’n vetplant is en min water nodig het, sal dit ook in ’n tuin met normale besproeiin­g floreer. Dit groei maklik van steggies en saad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa