Tuis

[ALGEMENE WENKE]

-

• Berei die grond goed voor. Vind by die kwekery uit wat die behoeftes is van die grondbedek­ker wat jy kies. As die plante van die begin af kry wat hulle nodig het, sal dit die grond vinnig toegroei. • Moenie probeer om jou hele tuin op een slag toe te maak nie. Kies ’n deel en plant daar meer eerder as minder plantjies. Hoe meer plante per vierkante meter, hoe vinniger sal die grond toegroei. • Kyk of die grondbedek­ker van jou keuse in ’n sespak beskikbaar is – dis altyd ’n meer bekostigba­re opsie as om plante een-een te koop. • Plant blombolle onder ’n kruipende grondbedek­ker wat nie hoër as die bolplant raak nie. Só kan die bolle kom en gaan soos hulle wil sonder dat dit die gevaar loop om raakgespit te word terwyl dit dormant is.

Grondbedek­kers is die harde werkers wat die klammighei­d in die grond en jou tuinvloer groen hou, dikwels sonder waardering. – Neville

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa