Tuis

Dwergspekb­oom

-

(Portulacar­ia afra ‘Prostrata’) Anja

Dié inheemse vetplant is ’n geharde, laaggroeie­nde lid van die spekboomfa­milie. Waar die alombekend­e spekboom regop groei, het dié familielid ’n kruipende groeiwyse wat dit so ’n goeie grondbedek­ker maak. Plant dit in goed gedreineer­de grond in die son of skaduwee. Dit floreer in arm grond en droë toestande en is dus ideaal vir ’n waterwys tuin. Wag tot die grond uitdroog voor jy weer natmaak.

Spekboom groei ook maklik van steggies – breek net ’n takkie af en druk dit in die grond. Met sy klein, vetplantag­tige blare op geboë rooibruin stele is dit ook geskik vir ’n pot, ’n hangmandji­e of om keerwalle toe te groei. Dit aard goed in seetuine en is windbestan­d.

Om lewende grondbedek­kers te plant is soos om ’n tapyt in jou tuin te skep. – Anja

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa