Tuis

Rotstuinsa­lie

-

(Plectranth­us neochilus) Wouter

Hoe minder water, hoe mooier blom die rotstuinsa­lie! As dit te veel water kry, groei dit te geil en hoog. Dié inheemse grondbedek­ker aard in warm, sonnige en droë tuine, sowel as in die skaduwee. Dit aard in enige tipe grond, maar verkies sanderige grond met goeie dreinering. Rotstuinsa­lie groei vinnig en is baie maklik om te vermeerder met steggies – druk net ’n takkie in die grond. Selfs ’n stukkie wat op die grond beland, sal vinnig wortelskie­t en groei. Vernuwe die bedding so elke twee jaar as dit begin slordig lyk. Plant eenvoudig steggies van die bestaande grondbedek­ker tussenin en trek met verloop van tyd die ouer plante uit.

Rotstuinsa­lie blom oorvloedig en aanmekaar van September tot April. Die blomme groei bo die grysgroen blare uit; laasgenoem­de het ’n sterk reuk as jy dit vryf of kneus.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa