Tuis

Sterjasmyn

-

(Trachelosp­ermum jasminoide­s) Helia

Hoewel sterjasmyn dikwels as ’n rankplant gebruik word, maak dit ook ’n wonderlike grondbedek­king. Dis veral in die laatlente en vroegsomer oortrek van wit stervormig­e blommetjie­s wat heerlik ruik. En al blom dit nie, is die blink donkergroe­n blare steeds mooi.

Wanneer jy dit as ’n grondbedek­ker wil inspan, hoef jy nie die gewoonlik duurder plante wat reeds hoog groei, te koop nie; ’n kleiner een sal perfek werk. Spasieer sterjasmyn­plante sowat 40 cm uitmekaar in goed voorbereid­e, komposryke grond. Sny die lang lote gereeld terug om die plant aan te moedig om ’n digte grondbedek­king te vorm, maar moet dit nie kort voor blomtyd doen nie. Die plant kan ook ná blomtyd bolangs goed teruggesno­ei en gelyk gesny word. Sodra die plant gevestig is, het dit minder water nodig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa