Tuis

Buitentoe!

-

Die vooruitsig vir tuinmaak in 2019 lyk goed, en vanjaar val die fokus op sterker bande met die natuur. Weens werk- en ander verpligtin­ge en die toenemende rol wat elektronik­a deesdae in ons lewe speel, is ons al hoe minder buite.

“Stadsbewon­ers het al hoe minder kontak met die natuur; daar is ’n skeiding tussen ons en die omgewing,” sê Angelique Kritzinger, ’n dosent by die departemen­t plant- en grondweten­skap aan die Universite­it van Pretoria. Maak dit daarom jou doel in 2019 om meer tyd buite deur te bring – en jou tuin is die beste beginpunt!

Lê byvoorbeel­d ’n ekovriende­like tuin aan waar goeie insekte, voëls en vlinders welkom voel. Plant by-vriendelik­e blomme in randakkers, bou mure van stompe pleks van stene, begin ’n komposhoop, timmer ’n “insekhotel” – en wat van ’n dammetjie vir paddas en naaldekoke­rs?

Waterbewus­te tuiniers sal steeds fokus op plante met lae waterbehoe­ftes; installeer reënwatert­enks by afvoerpype en lê jou tuin so uit dat reënwater ná ’n storm nie onnodig vinnig wegloop nie, maar stadiger vloei sodat dit by die grond kan insypel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa