Tuis

Ludwig se rooshoekie

Die rooskenner Ludwig Taschner gee raad ...

-

Dié probleem kan verskeie oorsake hê. Ondervoede rose (ligte groengeel blare is ’n teken) is vatbaar vir swartvlek, al word dit gespuit. Dien Vigorosa rondom die plante toe en maak goed nat – die liggroen blare (wat ’n goeie aanduiding is van ’n stikstofte­kort) behoort binne ’n week groen te word en groter te wees. Dis ook moontlik dat die blare klaar aangetas was toe jy dit gespuit het, wat beteken die swamdoder sou in elk geval nie gehelp het nie. Soms kan langdurige reën die middel van die blare afspoel. Ek stel voor jy gebruik Chronos (saam met ’n kleefmidde­l soos Picanta); dit dring die bolaag van die blaar deur en spoel nie af nie. Dit het ook ’n genesende werking op rose wat reeds aangetas is.

V: Die blare van my ‘Fragonard’-roos het ’n kantagtige voorkoms; wat is die oorsaak?

Dis ’n Kerskewer wat jou blare vreet. Dié kalant is snags aktief en dit is sy vreetmerke wat die kantagtige voorkoms veroorsaak. Spuit die kewers sodra jy hulle opmerk met Ludwig’s Insect Spray of Rose Protector, of bestuif die blare met Karbadust. Jy kan ook ’n blou inseklig gebruik of vir hulle ’n lokval stel: Hang ’n lig bo ’n emmer water en olie; die lig sal hulle lok en dan versuip hulle in die water.

 ??  ?? ‘Black Tea’ V: Al spuit ek my ‘Black Tea’-rose, word dit steeds ná die reën deur swartvlek aangetas. Het jy enige raad?
‘Black Tea’ V: Al spuit ek my ‘Black Tea’-rose, word dit steeds ná die reën deur swartvlek aangetas. Het jy enige raad?
 ??  ?? ‘Fragonard’
‘Fragonard’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa