Tuis

Roostake vir elke streek in Januarie

-

Somerreëns­treek Sny rose wat te hoog gegroei het korter of dun digte struike uit, maar net as die struike gereeld natgemaak kan word. Dis die beste om geleidelik – oor twee tot drie weke – terug te snoei. Moenie blaarlose rose terugsnoei nie; wag tot dit herstel het. Bemes met Vigorosa teen middel Januarie en spuit elke twee weke met Ludwig’s Insect Spray gemeng met Chronos (of gebruik Rose Protector) teen swamsiekte­s en plae. Maak twee tot drie keer ’n week goed nat (met gryswater) indien dit nie reën nie.

Winterreën­streek Gee rose wat ’n goeie blaredrag het nou ’n somersnoei – mits daar genoeg water is om nat te maak. Sny rose wat te hoog groei korter of dun digte struike uit sodat nuwe stele kan groei – doen dit met verdrag oor sowat twee tot drie weke. Maak twee tot drie keer ’n week nat, bemes met Vigorosa en spuit met Ludwig’s Insect Spray teen plae.

Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Die uitdaging in dié strawwe hitte is om rose bedek te hou; die blare help ook om die wortels te beskut. Maak twee tot drie keer ’n week goed nat en strooi deklae om die grond te help koel hou. Moenie dooie blomkoppe afbreek of snoei nie, want dit sal die roos aanmoedig om uit te loop. Spuit met Ludwig’s Insect Spray teen plae; deurdrenk die onderkant van blare teen rooispinne­kop. Sou daar goeie reën val, moedig groei aan met Vigorosa en spuit met Chronos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa