Net drie jaar ge­le­de het Ra­mo­na A­fon­so nog niks ge­weet van tuin­maak nie.

Tuis - - LESERTUIN -

Nou kan sy haar nie ’n le­we voor­stel son­der haar ge­lief­de tuin, ’n ro­man­tie­se lus­hof waar­oor die soet geur van ro­se en la­ven­tel hang, nie.

Sy en haar man, Nu­no, was in 2017 met hul kom­buis­op­knap die naas­wen­ners in Tuis se Re­gruk met Flair-kom­pe­ti­sie. Ra­mo­na, ’n ont­wer­per, het ’n k­lein de­kor­saak, Ruf­fles and Rust, en is ook kre­a­tie­we di­rek­teur van die maat­skap­py Bus­by Pro­mo.

Sy er­ken self tuin­maak was nooit juis deel van haar be­staan nie. “Ons het voor­heen in ’n kot­huis by my ou­ers in die sui­de van Jo­han­nes­burg ge­bly,” ver­dui­de­lik sy. “Al blom­me wat ek ge­ken het toe ons vyf jaar ge­le­de hier in­ge­trek het, was la­ven­tel en kris­mis­ro­se.”

Die tuin op ’n 1 500 m²-erf was ge­ves­tig toe hul­le die huis ge­koop het. “Dit was mooi, maar ou­tyds. Hier was baie groot bo­me en blom­bed­dings met kur­wes, om­ring deur ’n gras­perk. En se­ker vier roos­bo­me. Al is ek hoe lief vir bo­me het ek twee yuc­cas uit­ge­haal, en die la­ven­tel­bos­se voor die slaap­ka­mer­ven­sters ver­vang met ’n ver­skei­den­heid ro­se.’’

Toe Ra­mo­na be­gin tuin­maak, het sy geen i­dee ge­had hoe haar tuin pre­sies moet lyk nie. “Dit het net ont­wik­kel,” sê sy. “Wan­neer ek e­ni­ge ont­werp doen, neem dit waar­aan ek werk ’n le­we van sy eie aan. Ek gaan net daar­mee saam. As dit werk, werk dit en bou ek voort daar­op. Ek is nie ’n land­skap­kuns­te­naar nie en leer maar soos ek aan­gaan. Oor twee jaar sal my tuin an­ders lyk; ou­er en mooier wees. ’n Tuin is se­ker nooit klaar nie ...”

Van­dag is Ra­mo­na se tuin ’n groot deel van haar le­we. “Dis te­ra­peu­ties. Ek werk om­trent el­ke dag in die tuin – sog­gens, ter­wyl ek my tee daar drink, en weer s­mid­dae.” Een keer per week kom help ’n tui­nier. “Ek be­plan al­les en merk uit wat ek ge­doen wil hê. Ons het ’n boor­gat en ’n be­sproei­ing­stel­sel en maak el­ke so­ne in die tuin el­ke dag ’n uur lank nat.’’

Ek is lief vir ro­se; ek kan my nie ’n le­we daar­son­der voor­stel nie. Ek pluk ro­se en rang­skik hul­le in die slaap­ka­mer, bad­ka­mer, kom­buis ... – Ra­mo­na

In die so­mer tree wit ‘I­ce­berg’-ro­se in die kol­lig voor die fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.