Pas­sie vir ro­se

Tuis - - LESERTUIN -

Ra­mo­na het eers be­gin tuin­maak na­dat sy drie jaar ge­le­de ’n bus­toer, ge­re­ël deur Lud­wig’s Ro­ses, saam met ’n vrien­din mee­ge­maak het. “Ons het vier roos­tui­ne be­soek,” ver­tel sy. “Daar was mas­sas ro­se van al­ler­han­de soor­te. Dis toe dat ek die ‘S­ha­rifa As­ma’-roos van Da­vid Aus­tin die eer­ste keer ge­sien het. Sy lig­pienk kleur en won­der­li­ke geur was on­weer­staan­baar en ek was da­de­lik ver­lief op al wat ’n roos is.

“Ek het ’n ro­man­tie­se tuin ge­skep deur meer as 350 roos­bo­me te plant op die wy­se waar­op Eu­ro­pe­se tui­niers dit dees­dae doen: Ek be­dek die a­rea rond­om die ro­se met an­der blom­plan­te en grond­be­dek­kers so­dat niks grond wys nie. Op die tra­di­si­o­ne­le ma­nier word niks saam met roos­bo­me ge­plant nie, so­dat hul­le al die voe­ding uit die grond kry. Tog is dit nie no­dig nie. Dit lyk vir my ook te for­meel en skep nie die lan­de­li­ke voor­koms waar­van ek hou nie.

“Ek is gek na die geu­ri­ge ou­tyd­se ro­se van die B­rit­se roos­kwe­ker Da­vid Aus­tin,” ver­tel sy. “Ek plant ook graag ‘I­ce­berg’-ro­se in die ag­ter­grond. Dit laat my an­der plan­te nog mooier ver­toon.”

Ra­mo­na doen heel­wat na­vor­sing oor tuin­maak en plan­te. “Ek kyk graag na YouTu­be-vi­deo’s en loer wat is nuut op Pin­te­rest. Ek het ’n Pin­te­rest-bord met ’n lys van al die ro­se in my tuin.’’ >>

Ek sal e­ni­ge plek in die wê­reld gaan bly, so­lank ek daar kan tuin­maak. – Ra­mo­na

Vorm­ge­snoei­de wit ‘I­ce­berg’ro­se maak ’n spog­ge­ri­ge ver­to­ning in dié deel van die tuin, waar la­ven­tel die paad­jies ver­sag. Ra­mo­na ge­bruik die wit tuin­hui­sie langs die swem­bad om plant­jies te kweek. ’n Net­jies ge­snoei­de hei­ning van Du­ran­ta ‘S­heena’s Gold’ om­ring ’n wa­ter­glans­punt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.