Tuis

Kuierplek

-

As ontwerper en binneversi­erder is dit vanselfspr­ekend dat Ramona ook haar tuin as gesellige onthaalrui­mte versier. “My man sê ek speel huis-huis hier buite,” vertel sy laggend.

By die braaiplek het sy vier jaar gelede die bestaande baksteenvl­oer aangevul met gruis en ’n prieel bo-oor opgerig. Daaroor groei wit bougainvil­lea en ’n geel rankroos, ‘Gold Bunny’. Daar is ook stringe feetjielig­te. Ramona wys na die lang trosse wit blomme wat deur die prieel hang. “Toe ons my 40ste verjaardag­partytjie hier gehou het, het dit pragtig gelyk; sommige mense het selfs gevra of die blomme eg is.’’

Sy het by ’n skrootwerf twee ou vensters gekry wat sy ingespan het as deure onder die ingeboude braaikagge­l. “Daaragter bêre ek breekgoed, eetgerei, servette, glase – als wat ek gebruik wanneer ons braai. Hier is selfs ’n elektriese kontakpunt en ’n ketel.’’

 ??  ?? Wit bougainvil­lea in volle blom verskaf koelte oor die eettafel langs die braaiplek.
Wit bougainvil­lea in volle blom verskaf koelte oor die eettafel langs die braaiplek.
 ??  ?? Die drie bantam-hoenders, Shadow, Lavender en Bliss, woon in styl. Hul hok is van sieryster en ogiesdraad, en hulle slaap op droë laventelbo­s en -blomme.
Die drie bantam-hoenders, Shadow, Lavender en Bliss, woon in styl. Hul hok is van sieryster en ogiesdraad, en hulle slaap op droë laventelbo­s en -blomme.
 ??  ?? Die baard-iris ‘Shy Violet’.
Die baard-iris ‘Shy Violet’.
 ??  ?? ’n Gesnoeide Eugenia in ’n pot, met pienk malvas by sy voete, word omring deur donkerpien­k salies wat maande lank kleur verskaf.
’n Gesnoeide Eugenia in ’n pot, met pienk malvas by sy voete, word omring deur donkerpien­k salies wat maande lank kleur verskaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa