Tuis

[RAMONA SE TUINWENKE]

- VERSKAFFER EN KONTAK Mooiplaas Iris & Daylily Nursery 082 461 6102, mooiplaasn­ursery.co.za Ruffles and Rust rufflesand­rust.co.za

• Vind jou passie. Myne was rose en ek wou alles moontlik daaroor uitvind. • Groepeer plante wat dieselfde behandelin­g verg – soos baie of min water – bymekaar. Sommige plante is aanpasbaar en kan enige plek aard; eksperimen­teer en kyk wat werk op jou werf. • ’n Oorkoepele­nde kleurskema werk goed vir ’n landelike voorkoms. • Ek is gek na grondbedek­kers; dis ’n natuurlike deklaag (sien ook ons storie oor grondbedek­kers op bladsy 90). • Saam met massas blomme kan jy heinings inspan om vorm aan jou tuin te gee. • Ek voed my rose met Ludwig’s Vigorosa. In die lente en in die reënseisoe­n kry hulle ook Chronos (ek giet die opgeloste mengsel oor die wortelarea). In die winter snoei ek die rose taamlik hard terug. • Plantluise spuit ek met ’n mengsel van vyf eetlepels skottelgoe­dwasmiddel, 5 ml bloekomoli­e en 5 liter water.

 ??  ?? Dubbele pienk papawers staan lieflik uit teen die bloureën se pers blomtrosse.
Dubbele pienk papawers staan lieflik uit teen die bloureën se pers blomtrosse.
 ??  ?? Blaai om en kyk hoe onthaal Ramona in styl.
Blaai om en kyk hoe onthaal Ramona in styl.
 ??  ?? Bloureën
Bloureën
 ??  ?? ’n Voëlbad met ’n engelbeeld­jie(bo), een van ses waterfokus­punte in die tuin.
’n Voëlbad met ’n engelbeeld­jie(bo), een van ses waterfokus­punte in die tuin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa