Tuis

Jenewer-stasie

-

“Ek het in Oktober my 40ste verjaardag gevier met ’n tuinpartyt­jie, en my gaste was dol oor al die kreatiewe drankies wat hulle by die drankiesta­sie kon meng,” sê Ramona. Ek het ’n paar verrassing­s gehad, soos die heel rissies wat ek omtrent vir ’n maand vooraf in ’n bottel jenewer gelos het – dit het ’n heerlike kinkel aan die drankies gegee.”

Begin met ’n verskeiden­heid jenewers en tonikums van goeie gehalte – sit dit in ysemmers sodat dit koud bly. Voeg daarby ’n klompie geurmiddel­s soos steranys, rissievlok­kies, kaneelstok­kies, laventelta­kkies en roosblare, asook skyfies sitrus (suurlemoen, lemmetjie en pomelo is almal heerlik) en komkommerl­inte. En maak seker jy het genoeg glase en ys! >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa