Tuis

Laventel-envanielje­stroop

-

Meng ’n skeut van dié geurige stroop by jou drankie en garneer met vars laventel. Vir ’n verfrissen­de somerdrank­ie kan jy dit met water en ’n bietjie vars suurlemoen­sap meng. Lewer sowat 350 ml stroop Bereidings­tyd: 15 minute Gaarmaakty­d: 35 minute • 500ml suiker • 375ml water • 1 vanieljepe­ul, oopgesny, of 5ml vanielje-ekstrak • 10 takkies vars laventel Sit al die bestanddel­e in ’n kastrol en roer oor matige hitte tot al die suiker opgelos het. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en kook vir 30 minute oor matige hitte sonder om te roer. Laat afkoel, giet die stroop in ’n mooi fles en verseël. Hou dit liefs in die yskas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa