Tuis

Pomelo-en swartpeper stroop

-

Dié “shrub” gee ’n soetsuur kinkel aan mengeldran­kies. Eksperimen­teer gerus met jou eie kombinasie­s van kruie en speserye!

Lewer sowat 125 ml

Sny ’n groot pomelo, skil en al, in klein stukkies. Voeg ’n paar peperkorre­ls by en bedek met suiker. Laat dit vir ’n week of wat in ’n koel plek staan, maar loer gereeld; dit moet dalk af en toe geroer word. Sodra die vrugte met die suiker saamgesmel­t het om ’n stroop te vorm, voeg sowat 50 ml witwynasyn by. Sif die peperkorre­ls uit, skil die pomelo, sit in ’n bottel en verkoel tot jy dit nodig het. Pleks van die pomeloskil­le weg te gooi, kan jy dit teen lae hitte in die oond uitdroog, tot ’n poeier verwerk en gebruik om pomelo-suiker vir ’n garnering te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa