Tuis

Ingelegde rissie-olywe

-

’n Goed gebalansee­rde kaasbord vir ’n groep van vier het nie meer as twee of drie kase nodig nie.

– Ramona

“In ’n Libanese huishoudin­g het jy altyd olywe en ’n blik kekerertji­es sodat jy iets kan aanmekaars­laan wanneer daar onverwags kuiermense opdaag,” sê Ramona. 1 Sny vars olywe, so gou moontlik nadat dit gepluk is, in die lengte tot teen die pit; ’n skalpel se lem werk goed. Laat lê dit vir 18 dae in vars water; vervang die water elke dag. 2 Laat die olywe dan vir vyf dae in pekelwater lê: Los 750 g sout in 4 liter

water op en verkoel. Roer elke dag. 3 Sit die gepekelde olywe in ’n asynoploss­ing (gebruik 3 liter asyn vir elke 1 liter water) vir vyf dae. Hou dit bedek met die vloeistof en roer daagliks. 4 Plaas nou die olywe in gesterilis­eerde glasflesse en vul met ’n nuwe pekeloplos­sing – los 100 g sout op in 1 liter warm water en verkoel. 5 Geur met tiemie, ’n lourierbla­ar, ’n rissie of twee, suurlemoen- en lemoenskil. Jy kan ook knoffel bysit as jy wil, maar blansjeer die knoffel vir ’n paar minute in kookwater om te keer dat dit gis. Seël die fles met ’n laag goeie

olyfolie. Laat dit vir minstens 1 maand staan sodat die geure kan ontwikkel. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa