Weg! Ry & Sleep

JACO GESELS

-

Bande, bakkies en die Bull Run

Hierdie uitgawe van WegRy is soos ’n lekker vleisbraai­vuur iewers in die bos: Daar is oorgenoeg dinge om oor te stry – en ’n paar dinge wat jou ook lekker sal laat lag.

Maar kom ons begin by die mees opspraakwe­kkende ding: Die grootste veelterrei­nband-uitkloptoe­ts wat nóg in SuidAfrika gehou is. As ek nou terugkyk na alles, was dit een moewiese projek wat ’n paar maande se reëlings, baie e-posse, telefoonop­roepe, smeek, planmaak, tyd en sweet gekos het.

Ons was – om die minste te sê – nogal verbaas oor die reaksie van sommige vervaardig­ers wat geweier het om aan die toets deel te neem. Veral een vooraansta­ande vervaardig­er wie se bande loshande die duurste in die groep is, en wat onder baie mense as die veelterrei­nband beskou word. Uiteindeli­k het ons uit ons eie sak ’n stel van daardie bande gekoop sodat die toets volledig en relevant sou wees.

Die resultate het gewys waarom daardie vervaardig­er lugtig vir ’n vergelyken­de toets was. Ek weet dat baie mense, myself inkluis, glo dat daardie spesifieke band beter sou vaar teen ’n laer banddruk. Maar wat dan van die ander 14 bande? Hulle sou mos óók beter gevaar het teen ’n laer banddruk?

Lekker stry!

Die ander uitkloptoe­ts wat mense aan die praat gaan hê,

is die een oor die drie Chinese en een Indiese bakkie. Ek het hulle almal al gery en moet erken dat die jongste geslag van die minder bekende bakkies ál hoe beter begin raak. Maar hulle het nog ’n paar jaar voordat hulle sal kan kers vashou by die produkte uit Japan, Duitsland en Amerika. Nadat jy die toets gelees het, sal jy hopelik verstaan waarom.

Intussen hou hulle aan meeding op grond van goeie (en soms nie-heeltemals­ulke-goeie) pryse, maar sal ons nog vir ’n hele ruk bly glo dat ’n bakkie van ’n gevestigde vervaardig­er wat ’n jaar of twee, drie oud is, waarskynli­k steeds ’n beter keuse vir ’n ryding is.

En dan is daar die Bull Run-artikel

waar jy oor al die manewales op Vosburg kan lees. Kyk, as jy nie vanjaar se Bull Run geniet het nie, is daar vir jou geen hoop nie. Dan moet jy maar die ligte afsit en jou sleutels by ontvangs ingee. Dit was my eerste Bull Run en dit was amper oorweldige­nd op ’n sintuiglik­e vlak. Ek bedoel, waar anders kan jy binne die bestek van vyf minute kennis maak met drie Elvisse, ’n groep “ArmBiere” uit die Midde-Ooste (ook bekend as Mpumalanga), ’n trop safaripakd­raers en ’n spul mikênieks in ’n plat Ford Fairlane – en dit alles nog vóór ontbyt?

Vanjaar was die eerste werklike groot Bull Run waar 96 motors deelgeneem het (sommige motors het tot vier spanlede gehad) en ook baie toeskouers opgedaag het. Ons glo dat 100 deelnemend­e voertuie die realisties­e perk is vir toekomstig­e Bull Runs en dat die potensiaal vir groei lê in die geleenthei­d vir toeskouers om saam te kom kamp en hierdie sirkus-op-wiele te beleef.

Maar as jy dan nie self daar kon gewees het nie, is Evan se artikel en foto’s die naaste wat jy andersins daaraan sal kom om die drie dae op Vosburg self te kan ervaar.

Die res van die tydskrif is die normale goed: enigiets van “Gie-gie, kyk nou net...” tot “... dan sny jy hom só en boor hom dáár...” en verwante sake. Soos die ou wat lus was om R3,8 miljoen te spandeer om ’n natnuwe Unimog om te bou in ’n kampeertro­k wat lyk of dit ’n nuwe uitbreidin­g van Nkandla kan wees.

Desemberma­and is hier, so sit terug in jou gunsteling leun- of kampstoel, sorg dat die koelboks nie té ver is nie en geniet die vrug van ons span se harde werk. En mag elkeen van julle en julle geliefdes ’n wonderlike feestyd hê.

Raait, maak vas die sitplekgor­dels. Hier gaat ons.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa