Weg! Ry & Sleep

Gerda Engelbrech­t

WEGRYSENUW­EEINDREDAK­TEUR

-

In hierdie uitgawe verwelkom ons vir Gerda Engelbrech­t. Gerda het in Bellville grootgewor­d en op Maties geswot, en het by ’n paar Media24-publikasie­s ’n draai gemaak voordat sy uiteindeli­k die kans gekry het om ’n loopbaan van vakansieho­u te maak. Sy is ’n boek- en blokkiesra­ai- nerd en altyd besig om droomvakan­sies te Google.

Eerste vakansiehe­rinneringe? Ek is die jongste van vier kinders en kleintyd het ons gesin dikwels in die Junie-vakansies die kombi gepak Krugerwild­tuin toe. My pa het snags so in die ruskamp ge- snork die mense het met flitse in die bome kom lig om te sien watter dierasie daar wegkruip.

Gunsteling-vakansiepl­ek? Die volgende een. Ek kom ook so dikwels moontlik op Hermanus.

Wat pak jy altyd in? ’n Ordentlike kamera. Ek kan nie glo mense betaal duisende rande vir vakansies en neem dan ’n rits

selfies met die selfoon nie.

Gunsteling-vakansiere­sep Ek is ontuis in ’n kombuis, maar my pa bak lekker potbrood op die kole.

Gunsteling-reislitera­tuur?

Enigiets van Bill Bryson.

Jou volgende vakansie-gadget? Ek dink ek het uiteindeli­k ’n goeie verskoning om ’n 4x4 te koop. Ek wou nog altyd ’n diesel-diva wees! Iets wat die WegRy-span nie van jou weet nie? Ek dink Jaco gaan sy tweede hartaanval kry as hy hoor ek eet nie braaivleis nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa