Weg! Ry & Sleep

Stryd van die INDO-CHINESE bakkies

Die tweede generasie Chinese bakkies kom nou op ’n streep in SuidAfrika aan. Maar watter een is die beste van dié nuwelinge, en hoe vergelyk dit met die voorste dubbelkaju­ite in die land? FERDI DE VOS het die jongste modelle deur ’n paar passies gesit.

- Foto's: Inga Hendriks

Op die Chinese kalender is 2014 die Jaar van die Perd. In die Chinese kultuur word die perd verbind met ’n soeke na selfverbet­ering. In antieke tye is iemand met dié gees ’n QianliMa genoem. Dit beteken ’n perd wat ’n duisend li, oftewel 500 km, per dag kan aflê, want een li is sowat 500 m.

Dié strewe na selfverbet­ering kan in die jongste geslag Chinese bakkies gesien word.

Sê tot siens aan die Isuzu KB- en Nissan Hardbody-klone met hul nagemaakte Toyotaenji­ns, en hallo aan Indië en China se eerste selfontwik­kelde, selfontwer­pte bakkies.

Die eerste rimpeling in hierdie opvolggolf was die Foton Tunland wat in 2012, in die Chinese Jaar van die Draak (wat in die Chinese kultuur ook na opheffing verwys), hier bekendgest­el is.

Die Tunland word nogal hoog aangeskryf en het onlangs ook ’n paar klein vernuwings ondergaan. En ’n maand of wat gelede is die Jiangling-Motormaats­kappy (JMC) se Vigus hier bekend gestel, terwyl GWM se Steed 6 ook binnekort kom. Vroeg aanstaande jaar kan ’n nuweling uit die CMC-stal (wat nou die Plutus hier bemark) verwag word.

GWM het intussen nie stilgesit nie. Sy Steed 5 is verder ontwikkel, wat gehelp het om dit plaaslik die topverkope­r Chinese ryding te maak. Great Wall is ook besig met verdere Steed-planne, met ’n Steed 5 E- en Xtreme-weergawes, soos die een in ons toets, wat nou op die mark is.

Die Indiese vervaardig­er Tata het ’n jaar gelede ook sy Xenon verbeter met die XTmodel, wat onder meer krag bygekry het.

Ons het lus gekry om die 4x4-dubbelkaju­ite van Foton, JMC, GWM en Tata bymekaar te kry vir ’n vergelyken­de toets.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa