Weg! Ry & Sleep

Binneruim

-

Die eerste geslag Chinese bakkies wat hier aangeland het, het slae gekry oor die swak gehalte materiale en afwerking van die kajuite.

Die Foton is die eerste in hierdie groep om dié probleem gedeelteli­k reg te stel, want die uitleg van sy instrument­epaneel, met maklik leesbare instrument­e en ritrekenaa­r (behalwe in skerp lig), is eenvoudig en ergonomies uitgelê, sy leersitple­kke gerieflik (ook agter) en sy kajuit lekker ruim.

Hoewel sy plastiekpa­nele hard is, is dit nou van beter gehalte, en dit geld ook vir die materiale en gehalte wat vir die res van die binneruim gebruik is. Die topmodel-4x4 Luxury se toerusting­lys is omvattend en sluit in lugversorg­ing, elektriese vensters, goeie radio/CD-speler, voorste lugsakke, asook stuurwiel-beheerfunk­sies en Bluetooth-aanpasbaar­heid. (Ons toetsmodel, met ouer spesifikas­ievlak, het egter nie hierdie bykomstigh­ede gehad nie.)

Hoewel die GWM se uitleg binne verouderd is, is die afwerking en gehalte soortgelyk aan dié van die Tunland. Maar wat ruimte betref, voel dit beknop, met min skouerruim­te voor en nie veel beenruimte vir die agterste passasiers nie.

Die Vigus met sy SLX-afwerkings­vlak verras jou binne. Sy instrument­epaneel is netjies en modern uitgelê met ’n groot 6,5 duim-raakskerm in die middel, sy leersitple­kke is gemaklik en die kajuit voel ruim, maar knus.

Dis duidelik dat die Fordverbin­tenis gehelp het om die binneafwer­king en -gehalte van dié nuweling ’n trappie hoër te lig, en in dié opsig staan hy g’n tree terug vir baie duurder bakkies nie.

Hoewel Tata probeer het om die Xenon se kajuituitl­eg te vernuwe, grens die afwerking daarvan steeds aan skokkend.

Dit het nou ’n handige naverkoop-vertoonpan­eel (met satellietn­avigasie), maar nie eens die deurpanele pas sekuur nie, en sy goedkoop, harde materiale en swak bougehalte gee ’ n gevoel van afskeepwer­k.

 ??  ?? Mooi van ver. Die Xenon se uitleg, met sentrale namarkinli­gtingskerm, vertoon heel netjies, maar die gehalte en afwerking daarvan is baie slordig.
Mooi van ver. Die Xenon se uitleg, met sentrale namarkinli­gtingskerm, vertoon heel netjies, maar die gehalte en afwerking daarvan is baie slordig.
 ??  ?? Eenvoudig mooi. Die ruim Foton-kajuit se uitleg is eenvoudig, dog gebruikers­vriendelik. Die nuutste model het ook beheerfunk­sies op die stuurwiel.
Eenvoudig mooi. Die ruim Foton-kajuit se uitleg is eenvoudig, dog gebruikers­vriendelik. Die nuutste model het ook beheerfunk­sies op die stuurwiel.
 ??  ?? Oud, maar nie koud. Die Steed het steeds Isuzu se KBuitleg in sy effens beknopte binnekant, maar die afwerking is goed en die leersitple­kke gerieflik.
Oud, maar nie koud. Die Steed het steeds Isuzu se KBuitleg in sy effens beknopte binnekant, maar die afwerking is goed en die leersitple­kke gerieflik.
 ??  ?? Chinese sjiek. Die Vigus-binnekant met sy groot vertoonske­rm is dalk effens oordadig, maar modern, ruim en netjies en afgewerk met beter gehalte materiale.
Chinese sjiek. Die Vigus-binnekant met sy groot vertoonske­rm is dalk effens oordadig, maar modern, ruim en netjies en afgewerk met beter gehalte materiale.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa