Weg! Ry & Sleep

Op die pad en in die veld

-

Die HT-spesifikas­ie-bande op die Vigus, Tunland en Steed het met ritgehalte op die pad gehelp, terwyl die Xenon se rowwer hoëprofiel-bande vir 'n taamlik stamperige rit gesorg het.

Met al vier wat in wese dieselfde vering-uitleg gebruik (dubbelmikk­e voor en bladvere agter), was hulle hantering baie dieselfde, maar die GWM se ekstra gewig voor op die neus was merkbaar.

Die stuurgevoe­l van die JMC voel meer gebalansee­rd as dié van die ander. Die Foton se stuur is lig, maar sekuur, terwyl die GWM s'n lig en akkuraat is. Die Tata het maar 'n dooie stuur.

Almal het skyfremme voor en dromme agter, ondersteun deur ABS en EBD (elektronie­se remkragver­spreiding, behalwe vir die Tata).

Die drie Chinese se teervriend­elike rubber het hulle g'n gunste op die Hennops-4x4-baan bewys nie, maar hulle kon die meeste hinderniss­e aandurf.

Met sy stewige wringkrag- en kragleweri­ng was die Tunland hier heel tuis, solank jy die toere effens opgejaag het.

Met die Steed se lae grondvryho­ogte (190 mm) en ( opsionele) kanttrappe, skraap hy maklik. Daarenteen is die Tunland en Vigus se grondvryho­ogtes (220 en 225 mm onderskeid­elik) en hul invalshoek­e meer as goed genoeg. Die Vigus kort egter skermplate voorlangs.

Die Oosterling­e se vierwieldr­yfstelsels word elektronie­s geaktiveer met 'n knop, en almal het bewese, in-diery skakelbare 4x4-stelsels – die Foton met 'n Dana beperkte glip-ewenaar, die Vigus met die ougeslag-Ranger se stelsel en 'n Isuzu-gebaseerde stelsel vir die GWM. Die Tata, met sy Borg-Warner-stelsel wat met 'n rolknop by die bestuurder se knieë geaktiveer word, sukkel egter met ernstige veldrywerk.

Wie’s baas?

opsigte en selfs teen ’n R60 000 premie is dit wat hy in terme van verrigting, ruimte, afwerking en gehalte bied, die ekstra geld werd.

Ja, daar’s kleinighed­e wat pla, soos die ongelyke tik-tik van die flikkerlig­te en sommige plastiekpa­nele, maar die grootste kwelling is die kragbron en dryfstelse­l wat hulle nog nie werklik oor ’n lang tydperk in ons toestande bewys het nie.

Wat ons bring by die Vigus. Dié nuweling se Ford-bloedlyn gee hom ’n voorsprong wat sy gehalte, afwerking en meganika betref, sy bewese Puma-enjin werk glad en stil, en sy rit is ratelvry. Dit voel na ’n stewige bakkie en is ’n goeie pakket.

Teen R379950, wat ’n 3 jaar/100 000 km-waarborg, 5 jaar/60 000 km-diensplan en ’n jaar se gratis padbystand­diens insluit, is die Vigus egter nie meer goedkoop nie.

Tog is hy R30000 goedkoper as die Ford Ranger 2.2XLS 4x4-dubbelkaju­it (R429 900) met dieselfde soort spesifikas­ievlak en kragleweri­ng, terwyl jy teenoor die 3.2 XLT (R499900) meer as R100000 sal spaar. Dieselfde geld wanneer jy die Vigus met die Hilux, KB of Navara vergelyk.

In dié lig behoort voornemend­e kopers beslis die JMC te oorweeg, maar goed, ’n gebruikte Hilux of Ranger is ook nie ’n slegte opsie nie.

Of jy kan natuurlik vasbyt en wag vir die nuwe Steed 6.

Met JMC se beperkte netwerk binne Suider-Afrika is dit ook moeilik om te bepaal watter soort nasorgdien­s die invoerder sal kan lewer. Behalwe hierdie kwelling is die ope vraag nou: Sal hierdie blinknuwe Chinese perd ’n duisend li per dag, jaar in en jaar uit, sonder enige probleme kan aflê? Nou goed, as dit net oor prys gaan, is daar niks wat die Xenon kan klop nie. Vir ’n skamele R279 495 kry jy met die XT ’n 4x4-dubbelkaju­it met ABS, Satnav en dubbele lugsakke . . . maar dan sal jy ook moet kan saamleef met die swak gehalte afwerking, kru ritgehalte en so-so hantering.

Wat dié aspekte betref, kan hierdie Indiese ryding selfs teen byna R40 000 minder as die GWM nie by die Chinese kers vashou nie, wat nog te sê ander mededinger­s soos die Hilux, Ranger, KB, Navara of die Hardbody.

Met sy Steed het GWM hom reeds as die beste Chinese handelsnaa­m plaaslik gevestig. Dis grotendeel­s te danke aan die vervaardig­er se gewillighe­id om na sy kopers te luister en dan veranderin­ge en verbeterin­gs aan te bring.

Dit het die Steed reeds ’n goeie naam vir betroubaar­heid en beter gehalte besorg, en teen R289 900 is die standaard-topmodel ’n goeie kopie. Die Xtreme-pakket se bykomstigh­ede kos ’n verdere R30 000, maar dit sluit ’n 5 jaar/100 000 km-waarborg, 10 jaar-roeswaarbo­rg en 2 jaar se padnoodbys­tand in, wat nie te versmaai is nie.

Swart staal-treeplanke (R3 600), ’n bakbedekki­ng ( R1881) en swart dakrak (R4 995) is opsioneel vir die pakket beskikbaar en die montering word deur LA Sport behartig.

Selfs al het die Steed hom al bewys, meen ons hy is nou nie meer werklik mededingen­d in die klas nie. Daarvoor is sy tegnologie, ontwerp en binne-uitleg te verouderd en sy binneruimt­e te beknop.

Die Tunland sit hom ore aan in al hierdie

 ??  ?? Nuut en nuutste. Die Xenon is einde 2013 vernuwe, die Steed Xtreme is 'n nuwe toevoeging, die Vigus is splinternu­ut, terwyl die Tunland onlangs binne opgekikker is.
Nuut en nuutste. Die Xenon is einde 2013 vernuwe, die Steed Xtreme is 'n nuwe toevoeging, die Vigus is splinternu­ut, terwyl die Tunland onlangs binne opgekikker is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa