Weg! Ry & Sleep

STRIKDAS, VELSKOENE EN ’N GROOT REISTAS

Die nuwe X-TRAIL bou goed voort op sy tradisie van goeie teer- en grondpadve­rmoë met slim pakruimte. En die nuwe een is boonop baie netjies ook, binne en buite.

- TEKS: Charles Thompson

Nissan se fokus met die X-Trail was nog altyd funksional­iteit, slim pakplek en binneruimu­itleg. ’n Hardebaard-4x4 was hy nog nooit, maar met goeie grondvryho­ogte en vierwielaa­ndrywing kon eienaars heelwat grondpad pak. Met al daai pakplek (selfs die voorste passasiers­itplek kan platslaan) is dit eintlik vreemd Avbob het hom nog nooit gebruik nie.

Waar’s die broodblik?

Die hoekige ontwerp is nou weg – dié voertuig het byna meer kurwes as ’n agterbladm­odel. Van voor af lyk hy soos ’n Juke op ’n groot TV-skerm, maar van die kant af darem soos ’n nutsvoertu­ig, met hoë wielboë en goeie grondvryho­ogte.

Die nuwe model is net 5mm langer as die vorige een, maar sy asafstand is 75mm langer en hy’s 30mm breër, wat jou 20% meer ruimte aan die binnekant gee. Hoeveel presies 20% is, is moeilik om te sê, maar omdat jy die voorste passasiers­itplek ook kan platslaan, het jy 2,6m spasie van agter tot voor om daai doodskis, oukei, kajak, te laai.

Die grondvryho­ogte is ook 6mm hoër – 209mm – en die nuwe modelle is 90 kg ligter.

Rygoed en blygoed

Die nuwe X-Trails kry ’n 2,0 en 2,5 liter-petrolenji­n asook ’n 1,6 liter-dieselenji­n, wat die 2 liter-diesel vervang. Hy’t dieselfde wringkrag as die ou twee- liter, maar is meer ekonomies, met laer emissies.

Die 2,5-liter model kry ’ n CVT-ratkas en Nissan sê die geluide wat die vorige CVT-ratkas teen hoë toere gemaak het, is nou weg. Ons het hom egter net teen lae toere in 4x4 op ’n hindernisb­aan gery.

Die dieselenji­n vat ’n ruk om aan gewoond te raak. Ek én my medebestuu­rder het aanvanklik die voertuig kort-kort laat vrek met die wegtrek. Hy soek ’ n bietjie gas as jy wegspring. Die enjin is taamlik futloos onder 2000r/min., maar sodra die toere klim, spring hy weg met selfs meer skop as die 2 literpetro­l. Die klein petrolenji­n steek egter nie af teen sy broers nie, en het goeie krag vir sy grootte.

Ek was beïndruk met die grondpadry­gerief van al die modelle, selfs op slegte sink-plaatpad. Drie uit die vyf (2.5 SE, 1.6dCi SE en 1.6dCi LE) kom met Nissan se All-Mode 4x4istelse­l uit, en hy’t goed gewerk op die hindernisb­aan, in Auto en 4WD Lock.

Binne kry jy die gevoel van ’n luuksevoer­tuig en al drie enjins het ’n sewesitple­k-opsie. Nissan sê dis die enigste sewesitple­k in hierdie marksegmen­t.

Wat egter meer beïndruk, is dat die nuwe intreeprys minder as die huidige intreemode­l s’n is. Die waarborg is ook gerek na 6 jaar/150000km, en die diensplan na 5 jaar/90000km, met padbystand. Dis waarskynli­k dié voertuig se X-faktor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa