Weg! Ry & Sleep

WAARNA MOET EK KYK?

-

Wanneer jy die dag jou sente bymekaarma­ak om 'n Prado soos dié te koop, kan jy enigiets tussen R100 000 en R160 000 betaal, na gelang van die ouderdom en die toestand. Daar is egter 'n paar dinge waarvoor jy op die uitkyk moet wees voordat jy die transaksie beklink.

Suid-Afrikaanse hitte. Die oorspronkl­ike termostaat in veral die dieselenji­ns is nie opgewasse teen Afrika-hitte nie. Die termostaat is gegradeer om eers teen 82ºC die water te laat deurvloei, terwyl plaaslike toestande vereis dat 'n termostaat gebruik word wat vir 71°C gegradeer is. Dit is 'n standaard- Toyota-onderdeel en redelik maklik om te vervang. Vind gerus uit of dit wel gedoen is.

Kra-a-a-ak. Die silinderko­ppe van die turbodiese­lenjins is geneig om te kraak as hulle oorverhit omdat hulle te hard gery word. Net omdat die voertuig maklik 'n kruisspoed van 140 km/h kan handhaaf, beteken dit nie jy moet nie. Probeer uitvind hoe die vorige eienaar hom gery het.

Losskud? Toetsbestu­ur dit op 'n grondpad. As die stuurwiel los in jou hande voel en nie heeltemal so skerp reageer as waaraan jy gewoond is nie, kan die rubberbust­e van die stuurrak of die stuurkas uitgewerk wees en sal dit vervang moet word.

Vervang? Kyk in die diensgeski­e-denis of die nokasband op elke 150 000 km vervang is of nie. Dis 'n maklike taak wat 'n gekwalifis­eerde werktuigku­ndige minder as twee uur sal neem, maar as dit nie gedoen word nie, kan dit skade beteken.

Rubbers heel? Kyk rondom die rubbers by die konstantes­poedkop-pelings ( CVjoints) of daar tekens van 'n lekkasie is. Dit is iets wat soms probleme gee en jou gestrand kan laat as dit nie reggemaak word nie.

Watervloei. Toets die watervloei van die verkoeling­stelsel. 'n Verstopte verkoeler kan groot probleme veroorsaak, veral met die dieselenji­n wat behoorlike verkoeling nodig het.

En drúk! Om seker te maak die dieselenji­n het geen versteekte skade nie, is 'n kompressie­toets iets wat jy nie kan bekostig om oor te slaan nie.

Kenners. In die Wes-Kaap is daar JB Meyer van JB’s Auto Services wat as die Cruiser Whisperer bekendstaa­n. Hy ken die hele Land Cruiser-reeks soos die palm van sy hand. Kontak hom by

021 933 4247. In Gauteng kan jy by André Hattingh van Hattingh Motors aanklop. Kontak hom by 012 663 6477.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa