Weg! Ry & Sleep

Kgalagadi: Poort na Namibië

As jy die Mata Mata-grenspos gebruik om Namibië binne te gaan, moet jy twee aande in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk oorbly, maar dis die moeite werd, meen

- GERRIE VAN EEDEN. Foto’s: Gerrie van Eeden

"Daar is twee riviere in die Kgalagadi,” sê Ben van Eeden, die toerismebe­stuurder by die Kgalagadi-oorgrenspa­rk. “Die Nossob en die Auob.” Met sy vinger wys hy vir my die kronkelloo­p van die twee riviere op ’n afgerolde kaart van die park. Hulle kom sommer hier naby die Twee Riviere-ruskamp en die ingang na die Kgalagadi bymekaar. Die Samevloeii­ngwatergat, die eerste plek waar jy ’n goeie kans het om diere te sien nadat jy deur die park se hek is, is by die punt waar die twee stowwerige stroke ontmoet.

Albei riviere se oorsprong lê iewers diep aan Namibië se kant van die Kalahari. Maar moet jouself nie ’n waterparad­ys met ski-bote en hengelaars voorstel nie. In hierdie wêreld is water nogal skaars. Dit is immers die Kalahari, en ek is hier om so ’n bietjie te verken . . .

Langpad

Namibië is ’n immergewil­de bestemming, daaroor kan niemand stry nie, en daar is heelwat maniere om dié land binne te gaan. Vir die Kapenaars is die gewildste roete deur die Vioolsdrif-grenspos en Gautengers verkies Nakop, suid van die Kgalagadi. Maar daar is heelwat ander grensposte. Een hiervan is Mata Mata in die oorgrenspa­rk. Dis waar ons besluit het om Namibië in te vaar.

Bitter vroeg op ’n mistige wintersogg­end val ek en my vrou, Maggie, in die pad. Die Amarok is gelaai, die tenk is vol en die N7 noord uit die Kaap uit lê voor ons. Die plan is om by Twee Riviere in te klok voor die hekke sesuur vanaand toemaak.

Ons vorder vinnig oor die Ou Pakhuispas anderkant Clanwillia­m en met die son wat net uitkom, laat ons die Sederberge agter. Die lang R27-teerpad tussen Calvinia, Brandvlei, Kenhardt en Keimoes lê voor ons uitgestrek soos ’n huiskat in ’n wintersonn­etjie.

Namakwalan­d se landskap gaan in golwe verby soos ons vorder. Daai wêreldbeke­nde rooi sandduine van die Kalahari kan om enige draai op die horison begin kop uitsteek soos die pad by Keimoes oos swaai Upington toe. Met die tenk ’n laaste keer volgemaak, draai ons uiteindeli­k by Upington noord op die R360-teerpad. Dis die laaste stukkie teer wat vir ’n hele rukkie onder die bande gaan wees en is seker nie die slegste pad ter wêreld nie.

Dis net so duskant 200 km teerpad en die Amarok loop soos ’n muis met slippers aan. Anderkant Molopo, net nadat die pad die Moloporivi­er oorgesteek het, word dit egter ’n ander soort gedierte.

Hier begin die pad volgens die loop van die Nossobrivi­er kronkel, soos ’n slang wat oor die warm duinsand seil. Die dag toe dié rivier sy loop gekies het, was hy nie lus vir ’n reguit pad nie.

Die Nossob vorm ook die grens tussen Suid-Afrika en Botswana, maar dis nie die grens waarin ek belangstel nie.

Eerste tjappie

Die Kgalagadi-oorgrenspa­rk staan wydsbeen bo-oor die Nossobrivi­er in hierdie hoekie van Suid-Afrika waar die grense van ons eie land met dié van Namibië en Botswana bladskud. Ek sit saam met Ben op ’n rusbank terwyl hy my vertel van die beste plekke om die Amarok se wiele vir die volgende twee dae in die park aan die rol te hou.

Dis die enigste vangplek as jy die grenspos in die park wil gebruik – jy moet twee aande hier oornag. Maar dis vir niemand ’n straf om twee aande in die Kgalagadi te bly nie.

Die hoofhek van die park is ’n gebou wat sommer as kantoor, doeane en polisiesta­sie diens doen. Jy parkeer buite en moet eers jou papierwerk afhandel voordat jy in die park mag ingaan.

Ons hou net voor vieruur die middag rustig hier stil met die wete dat die hek eers sesuur sluit. Terwyl ek nog by die Sanparke-toonbank staan en vorms invul, begin die doeanebeam­pte stilweg sy tassie pak en ek word aangeraai om gou te spring voordat hy huis toe gaan. Sý toonbank sluit vieruur en net voordat

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Woonstelbl­ok.Versamelvo­ëlneste soos hierdie is algemeen in die Kalahari. Soms skrop ander voëls soos die dwergvalk, rooiwangpa­rkiet of rooikopvin­k hier saam met die versamelvo­ëls nes.
Woonstelbl­ok.Versamelvo­ëlneste soos hierdie is algemeen in die Kalahari. Soms skrop ander voëls soos die dwergvalk, rooiwangpa­rkiet of rooikopvin­k hier saam met die versamelvo­ëls nes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa